|
Lever Bobotie Met Appel
Algemeen
Bereidingstijd: Langer dan 1 uur
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 1 dik sny bruinbrood -
500g skaap of beeslewer (runderlever) -
1 ui, fyngekap -
1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny -
5 ml borrie (geelwortel) -
30ml fyn appelkooskonfyt -
2 ekstra groot eiers, geklits -
2 lourierblare -
125ml melk -
sout en peper -
2 knoffelhuisies, fyngedruk -
15 ml matige kerriepoeier -
30ml blatjang(chutney) -
30 ml suurlemoensap(citroensap) -
250ml melk
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ?n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel. Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon: Trek die vliese af en sny enige harde senings uit. Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water l?. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur. Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys.
|
|
|